Aksie Omgee

 

   

Aksie Omgee is DF se manier om betrokke te raak by die gemeenskap en uit te reik na ander. Dit gaan nie net oor die insameling van geld nie, maar ook dat ons op een of ander manier fisies betrokke raak.

In 2008 gaan Aksie Omgee daadwerklik aandag gee aan die fisiese betrokkenheid van elke Dee-Effer by die projekte wat hul gaan aanpak.

Vanjaar beplan ons om:

•  klaskamers op te gradeer by Thembalitsha foundation se “ School of Hope ” .

•  DF “Meals on Wheels” te stig.

•  herwinning van blikkies en papier.

•  skryfbehoeftes, leesboeke, kosblikkies en pakkies, toiletware, ou klere/komberse en
   speelgoed te versamel.

•  besoeke af te lê by Tygerberg en Karl Bremer Hospitaal.

As u as ouer ‘n bydrae wil maak, kontak gerus Mev. Sims by 021-9486818
                           Ondersteun asseblief Aksie Omgee 2008!

 

 
Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 9 March, 2008 Webontwerp: Lise-Marie