Hoërskool DF Malan Nuus

DF het op Maandag 18 September die voorreg gehad om vir Lesley en Carl Potgieter van Aware Bears, asook Reinet Barnard van Die Paarlskool, te ontmoet.

Gepubliseer: 2017/09/20 - 08:17

Die Burger se jaarlikse ontleding van Wiskunde-prestasie gemeet teenoor die welvaartindeks het DF weer as een van die top-wiskundeskole geplaas. Om hierdie posisie te bepaal, word die volgende formule gebruik: die wiskundeprestasie en die gemeenskap se welvaartsindeks word in ag geneem.

Elke kind wat meer as 90% het, het 9 punte ontvang en die wat 80% het, het 8 punte ontvang, ensovoorts. Al die punte is opgetel en gedeel deur die getal matrikulante in die skool. Die hele matriekklas is dus in rekening gebring en nie net dié wat Wiskunde as vak neem nie. Ons wil dus spog met die feit dat ons volgens die gemiddelde prestasie in Wiskunde aangewys is as die derde skool. DF is egter die enigste gemengde skool wat die top 3 behaal het. As die welvaart ook in ag geneem word, is ons nog steeds die derde beste. Ons baie trots op hierdie prestasie en die gehalte van
die Wiskunde-onderrig in die skool. Dat Akademie ons besigheid is, word deur hierdie prestasies bevestig.

Verder het DF baie goed in Die Burger Wiskunde-kompetisie gevaar. Ons het 2 leerders onder die top 50 (Jamie van der Merwe en Daniël Hugo).

https://www.facebook.com/DieBurgerKoerant/

Gepubliseer: 2017/09/15 - 12:17

Hierdie twee spanne het hierdie maand skoonskip in hul onderskeie 7s-toernooie gemaak. Die o.14s het die skild gewen toe hul Bellville 14-5 gewen het in die toernooi wat by HS Durbanville aangebied is.

Die o.16’s het die skild gewen toe hulle 33-0 teen HTS Bellville by Brackenfell se 7’s toernooi gespeel het.

Mooi so, manne! Ons sien uit na volgende seisoen.

Gepubliseer: 2017/09/14 - 12:06

Avril Salo van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het die skool besoek saam met Roy Abbott en sy hond van die afgelope 6 jaar, Georgia. Roy het ‘n oogsiekte gekry en 20 jaar gelede blind geword. Georgia is sy derde gidshond.

Een van die projekte wat Mnr. en Mej. DF se fondsinsameling hierdie jaar gaan ondersteun, is om ‘n babahondjie te laat oplei as ‘n gidshond vir ‘n gesiggestremde persoon. Hulle besoek die skool binnekort weer om die babawoef vir die kinders te kom wys sodat hulle sy naam kan kies. 

 

Gepubliseer: 2017/09/12 - 09:00

DF Blaasorkes-konsert

Gepubliseer: 2017/09/12 - 08:49

Een van DF Malan se fotoklublede, Gerhard Erasmus (Graad 11) het met die louere weggestap tydens die Tygerberg Eisteddfod se prysuitdeling wat Woensdagaand, 16 Augustus, plaasgevind het. Hy is as algehele wenner van sy kategorie aangewys deur 98% te behaal. Altesaam sewentien Dee-Effers het hul besonderse talente (in onderskeidelik die Visuele Kuns- en Fotografiekategorie) tydens vanjaar se kunseisteddfod ten toon gestel. Hulle het altesaam sewe Lof- en vyf Hoogste Lof-puntetoekennings behaal – inderdaad ’n prestasie om op trots te wees!

Gepubliseer: 2017/09/11 - 11:41

Juanita Gerstner

Gepubliseer: 2017/09/08 - 11:36

Baie geluk aan Carmen Walters en John-Pierre Weideman. Hierdie twee atlete is vir die UIPM-Wereldkampioenskappe in Spanje vir Triathlé en Biathlé gekies. Carmen vorm deel van die "Presidents Team" vir Triathlé en JP vorm deel van die SAMPA-span (SA-kleure). Ons wil ook graag noem dat JP tans die wenner van die SA o.17-Biathle-kampioenskappe is.

Ons is trots op jul toegewydheid en deursettingsvermoë en wens julle alle sterke toe.

Gepubliseer: 2017/08/31 - 12:53

Tydens 2016 se Burgerskapweek is die Groentetuin geloods as ‘n vrywillige projek waarby leerders betrokke kon raak. Die doelwit van die projek was om vars groente in te sluit by die kospakkies wat Aksie Omgee voorsien. In 2017 het die Graad 11-Besigheidstudieklas (onder leiding van juf. Wepener) eienaarskap geneem van die projek. As gevolg van die waterskaarste het die graad 11-leerders onderneem om rooi- en gryswater te bring om die beddings nat te maak. Daar is tans spinasie, wortels en beet in ons tuin.

 

 

Gepubliseer: 2017/08/29 - 12:24

F Malan se debat- en redenaarsprekers het die afgelope maand verskeie seges gehad. By die landwye ATKV-debatsfinaal het Neal Malan, Ila Alberts en Heinrich Crous koning oor die hele land gekraai, met Neal Malan wat as die beste taalgebruiker benoem is. By die redenaarskompetisie, is Heinrich Crous as beste taalgebruiker aangewys, met DF wat daar ook skoonskip gemaak het. Gedurende die interskole- debat met Bellville, het die Afrikaans en Engels Junior en Senior spanne gewen. Binnekort vertrek DF se Dink of Sink-span na Pretoria vir die Finale Kompetisie aldaar.

 

 

 

Gepubliseer: 2017/08/21 - 12:38

Pages