Alroy Dixon op pad na Bahamas

 

Mnr. Dixon is gekies as besturende afrigter van die atletiek-span wat aan die Statebond Jeugspele in Nassau, Bahamas, tussen 19-23 Julie sal deelneem. Hierdie is ‘n besonderse groot eer en DF wens hom alles van die beste toe. Ons vertrou dat SA beter as die vorige keer (waar ons ‘n 2de plek behaal het) sal presteer en dat mnr. Dixon tot die land se sukses waarde sal toevoeg.

Gepubliseer: 2017/06/23 - 12:47