Atletiek

Anja van Heerden het gedurende die vakansie aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.  Anja het ‘n brons medalje verwerf in die 100m vir dogters o.17.  Die afgelope naweek het sy aan ASA se Kampioenskappe deelgeneem.  Anja verwerf ‘n silwer medalje in die 200m vir dogters o.17.  Baie geluk, Anja!

 

 

 

Claudia van der Westhuizen  is vir die WP-Atletiekspan  gekies wat op 31 Maart tot 2 April 2016 aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Germiston deelgeneem het.  Claudia het aan die Sub-Youth Meisies diskusgooi 1kg deelgeneem.  Sy het 3de plek verower en so ‘n brons medalje by SA’s gekry.  Sy is ook gekies as deel van die Senior WP-Atletiek span en het op 15 – 16 April aan die SA Senior Atletiekkampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem.  Claudia het hier 'n 7de plek behaal.

 By beide hierdie kampioenskappe het Marga van der Linde aan die 90m hekkies en 300m hekkies deelgeneem.  In albei gaan sy deur na die finaal.  'n Puik prestasie aangesien Marga in 'n hoër ouderdomsgroep moes deelneem.

 

Gepubliseer: 2016/04/06 - 08:29