Bergfiets

Die Hoërskool DF Malan is baie trots op die volgende twee bergfietslede:

Luca Ruwiel (Graad 8):

Provinsiaal:

Die Western Cape Cross Country Olympic Cup Series:
Luca het hierdie kompetisie gewen deur al 4 die wedrenne te wen.

Western Cape XCO Championship Race: 
Hier het Luca ‘n eerste plek behaal. Luca het die eerste van 4 wedrenne in die WC XCM (Marathon) reeks gewen. Hy is dus nou die dubbele en algehele wenner in die Wes-Kaap.

Nasionaal:

Luca het reeds 3 van die 4 South African Cross Country Olympic Cup Series-wedrenne gewen (gehou te Paarl, Pretoria en Bloemfontein).

Stèfke Tolmay (Graad 9):

In die XCO WP-kompetisie het Stèfke ‘n 1ste plek behaal en in die XCO WP-kampioenskappe ook!

Stèfke het dus WP-kleure vir bergfiets en ons is baie trots op haar. Stèfke het ook ‘n 2de plek in die tweede South African Cross Country Olympic Cup Series behaal.

Gepubliseer: 2017/06/13 - 12:00