Kulturele Nuus

Tygerberg Eisteddfod

Gepubliseer: 2015/09/14 - 11:29

Musiekkonsert op 31 Julie 2015 om 19:00 in die skoolsaal.  Kaartjies teen R30 elk is beskikbaar by die glaskas.

Gepubliseer: 2015/07/20 - 09:07

 

DF Malan se kunsdepartement het weereens met die louere weggestap tydens die Tygerberg Eisteddfod se prysuitdeling wat Dinsdagaand, 19 Augustus plaasgevind het. Monique du Plessis (Graad 12) is as algehele wenner van haar kategorie aangewys. Dit is die derde keer dat sy hierdie gesogte prys ontvang. Altesaam nege Dee-Effers het hul besonderse talente tydens vanjaar se kunseisteddfod ten toon gestel. Hulle het altesaam vier Lof- en vier Hoogste Lof-puntetoekennings behaal – inderdaad ’n prestasie om op trots te wees!

Gepubliseer: 2014/10/09 - 10:21

‘n Paar van DF se bekende oudleerders vorm deel van ‘n musiekprogram ter viering van die skool se sestigste verjaardag.

Onder die kunstenaars wat gaan optree, is die violis Emile de Roubaix, saksofoonspeler Hamman Schoolwinkel, tesame met Lerienne Joubert as fluitspelers. Die sangers Riaan Hunter en Vasti Knoesen sal ook tydens die uitvoering gehoor word.

Die musiekkonsert vind op 10 Augustus 2014 by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Pictonstraat, Parow, plaas. Kaartjies teen R50 elk is beskikbaar by die Hoërskool DF Malan, Frans Conradierylaan, Bellville. Vir navrae kan die skool geskakel word by 021 9488781. Meer inligting is ook beskikbaar by René Marais by rmarais@dfmalan.com.

Die aanvangstyd van die uitvoering is 16:30 vir 17:00.

Foto:  Op die foto verskyn Emile de Roubaix (links) en Riaan Hunter saam met Danielle Rossouw, graad 11-leerder en klarinetspeler van Hoërskool DF Malan wat ook gaan optree.

 

Gepubliseer: 2014/07/31 - 11:00

Danielle Rossouw het beide die UNISA en Royal Schools of Music se Graad 8-klarinet-eksamens in EEN week afgelê en onderskeidelik met 90% en 95%geslaag.

 

Sy het in dieselfde week UNISA junior toonkuns geskryf, asook nog daardie week se vakke vir die Junie-eksamen! Sy is ook gekies om Junie/Julie vakansie na België te gaan vir klarinet-meestersklasse. Dit is 'n enorme eer, aangesien studente ook in aanmerking hiervoor gekom het.

 

Gepubliseer: 2014/06/20 - 10:50

Dinsdagaand het DF se praatwerk vir Bellville in die stof laat byt. Die Seniors het beide die Engelse en Afrikaanse debatte gewen en is hierin gehelp deur die luide ondersteuning van ons toeskouers. Die Juniors was in die Engelse debat ook baas, met Bellville wat in die Afrikaanse debat met die eerste plek weggestap het.

Dit was ‘n heerlike aand. DF het beslis baie gladde monde!

Gepubliseer: 2013/08/15 - 08:28

Vier DF-kunsleerders se werk is as deel van die Young Creatives-uitstalling ingesluit wat jaarliks deur die Cape Town Creative Academy aangebied word. Die uitstalling, wat Sondag 4 Augustus geopen is, stel die beste werke van graad 11 en 12 Visuele Kuns- en Ontwerpleerders vanoor die die hele Wes-Kaap ten toon. Imke Burger (gr. 12 Ontwerp), Mia Matthysen (gr.11 Ontwerp), Natalie de Bruyn (gr. 12 Visuele Kuns) en Anna-Michelle Roux (gr. 11 Visuele Kuns) verteenwoordig die DF-kunsdepartement by hierdie besondere geleentheid.

Lees meer.

Gepubliseer: 2013/08/05 - 12:20

DF se kunsdepartement het die afgelope kwartaal met ‘n baie opwindende werkswinkel begin wat Dee-Effers die geleentheid gee om hul kreatiwiteit deur ‘n heerlike, nuwe medium vrye teuels te gee. Clay Play (‘n gevestigde maatskappy wat kleiklasse met groot sukses die afgelope 12 jaar aanbied), het DF Malan uitgelig om die eerste hoërskool te wees waar hul keramiek- en kleiprogram geïmplimenteer sal word.

Lees meer.

Gepubliseer: 2013/08/05 - 11:33

DF Malan se nagtegale het Vrydag 19 Julie 'n heerlike kuier-aand met Emile Minnie as gaskunstenaar aangebied . Die sop en brood, soet engelstemme van die koor en vingerklap-voetstamp-vermaak met Emile agter die klawerbord, het die winterkoue buite die deur gelaat! Die volgepakte saal en luide applous was 'n seker teken dat die funksie 'n groot sukses was en vir seker op menigte kalenders as herinnering vir volgende jaar aangeteken is.

Vir diegene wat nie daar was nie, het ons goeie nuus. Die Koor en ander musikante van DF bied volgende Vrydag 2 Augustus 'n musiekkonsert by die skool aan. Buiten hierdie geleentheid gaan die koor ook aan die Tygerberg Eisteddfod gala-aand op Vrydag, 30 Augustus deelneem. Moenie hierdie wonderlike geleenthede misloop om DF se koor in aksie te hoor nie.

Gepubliseer: 2013/07/31 - 08:05

Nina du Preez in graad 11 is een van die finaliste in Die Burger se foto-kompetisie. Dit is haar ma, Leentjie by die olifant. Daar kan vir haar gestem word deur ‘n sms te stuur na 33844: met die antwoord: buite s(2) j2.

Gepubliseer: 2013/05/22 - 13:41

Pages