DF Malan blaasorkes ontvang besoekers uit die VSA

Die blaasorkes van Hoërskool DF Malan het onlangs besoek ontvang van die Smoky Mountain Brass Quintet, ‘n groep van tien musikante van die Universiteit van Wes-Carolina in Cullowhee, VSA. Behalwe dat hulle die DF-leerders op ‘n spesiale uitvoering vergas het, het hierdie koperblaaskwintet  ook die skool se orkeslede tydens ‘n intensiewe onderrigsessie ondersteun. Die groep, onder die leiding van professor Brad Ulrich, beplan om volgende jaar ‘n opvolgbesoek aan die skool te bring.

Op die foto verskyn die Smoky Mountain Brass Quintet met prof. Ulrich (agter, derde van links) met Hoërskool DF Malan se orkesleier, mnr. Faan Malan (agter heel regs).

Gepubliseer: 2017/06/05 - 12:31