DF Malan is die #VREESloos2017-wenners

Tydens die afgelope skoolvakansie het die vier MTBS-skole aan Radio Tygerberg104 se #VREESloos2017 deelgeneem. Die konsep is 'n mengsel van "Survivor", "Big Brother" en "Fear Factor" waartydens 10 deelneemers drie dae en twee nagte  in 'n Polo Vivo moes deurbring, met uidagings of sogenaamde "vrese" wat hulle moes oorkom om hul plek in die kar te verseker. Die kompetisie is in Tygervallei-sentrum gehou.

DF se deelnemers was Rhyn Muller, Luke Keating, Justin Beck, Ulrich van Tonder, Corné Avenant, Ruben van Tonder, Dylan Turner, Jacques de Vos, Louhdy Preston, Harry Odendal, Matthew Maloney, Barry Vorster, Alexander Mouton en Luan Oosthuizen.

Ons is baie trots om te kan sê dat DF die kompetisie gewen het. Ons seuns het ons so trots gemaak, hul ware karakter getoon en hulle lojaliteit teenoor die skool betoon het. Hulle het gemotiveerd, positief en doelgerig opgetree. Verder het DF ook die geesbeker gewen en dit is te danke aan die talle ondersteuners, ouers en sosialemedia-ondersteuning.

#VREESloos2017 het net weereens bewys dat DF 'n besonderse en toonaangewende skool is.

 

Gepubliseer: 2017/10/11 - 09:13