DF Malan mag maar praat

 

DF Malan se debat- en redenaarsprekers het die afgelope maand verskeie seges gehad. By die landwye ATKV-debatsfinaal het Neal Malan, Ila Alberts en Heinrich Crous koning oor die hele land gekraai, met Neal Malan wat as die beste taalgebruiker benoem is. By die redenaarskompetisie, is Heinrich Crous as beste taalgebruiker aangewys, met DF wat daar ook skoonskip gemaak het. Gedurende die interskole- debat met Bellville, het die Afrikaans en Engels Junior en Senior spanne gewen. Binnekort vertrek DF se Dink of Sink-span na Pretoria vir die Finale Kompetisie aldaar.

Foto:

Neal Malan, me. Jo-Mi Müller, Ila Alberts, me. Tildie Smit en Heinrich Crous.

 

Gepubliseer: 2017/08/21 - 12:38