DF MALAN VIER SES DEKADES OP ‘N HOË NOOT

‘n Paar van DF se bekende oudleerders vorm deel van ‘n musiekprogram ter viering van die skool se sestigste verjaardag.

Onder die kunstenaars wat gaan optree, is die violis Emile de Roubaix, saksofoonspeler Hamman Schoolwinkel, tesame met Lerienne Joubert as fluitspelers. Die sangers Riaan Hunter en Vasti Knoesen sal ook tydens die uitvoering gehoor word.

Die musiekkonsert vind op 10 Augustus 2014 by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Pictonstraat, Parow, plaas. Kaartjies teen R50 elk is beskikbaar by die Hoërskool DF Malan, Frans Conradierylaan, Bellville. Vir navrae kan die skool geskakel word by 021 9488781. Meer inligting is ook beskikbaar by René Marais by rmarais@dfmalan.com.

Die aanvangstyd van die uitvoering is 16:30 vir 17:00.

Foto:  Op die foto verskyn Emile de Roubaix (links) en Riaan Hunter saam met Danielle Rossouw, graad 11-leerder en klarinetspeler van Hoërskool DF Malan wat ook gaan optree.

 

Gepubliseer: 2014/07/31 - 11:00