DF-Matrieks presteer

Die matrieks van 2013 kan met reg trots wees op hul uitstekende eksamenuitslae. Hulle het die klas van 2012 se prestasie herhaal en is weer in die WKOD se spoglys van Top 20-skole ingesluit.

Daarbenewens behaal die Dee-Effers ‘n 100%-slaagsyfer, terwyl ‘n volle 91% van die klas toelating tot ‘n Baccalaureus-graad verkry. 27% van die matriekklas behaal ‘n gemiddeld van meer as 75% en 100% van die matriekklas verkry toelating tot tersiêre studies.


Die klas se toppresteerder is Tina Louw, wat 8 vakonderskeidings behaal het. Ander leerders wat met ‘n sak vol onderskeidings weggestap het, is Franciska Daniel (9 onderskeidings), Tania de Vos en Dedré Hanekom (8 onderskeidings elk), Natalie de Bruyn, Benjamin du Preez, Anja Franzsen, Lisa Jansen van Rensburg, Kara Nel en Shani van Dyk (7 onderskeidings elk).


Vier leerders het onder die tien toppresteerders in die provinsie in hul vak geëindig. Kara Nel behaal ‘n 7e plek in RTT, Andrea Muller ‘n 10e posisie in Drama, terwyl Tina Louw die 9e posisie in Fisiese Wetenskappe en Aaron de Kock die 7e posisie in Wiskundige Geletterdheid beklee.


Ander uitstekende vakprestasies was Tina Louw (98% vir Wiskunde), Natalie de Bruyn (98% vir Visuele Kuns) en Michail Melonas (97% vir Rekeningkunde).


Hoërskool DF Malan wens die klas van 2013 alle voorspoed toe op hul pad vorentoe!

Gepubliseer: 2014/01/28 - 12:40