DF Oudleerdersklub - Interskole

Hierdie naweek is dit Interskole en ’n wonderlike geleentheid vir alle DF-Oudleerders om weer ’n ou skoolmaat te sien of sommer net lekker saam met ander oudleerders te kuier en die verskillende DF-sportspanne te ondersteun.

Vrydagaand:

Hokkie

- Daar sal ’n afgebakende area vir oudleerders aan die rugbyveld se kant van die astro wees.

-  Oudleerders kom kry jou koopbewys vir ’n koffie, cappucino of latte by die oudleerdersarea. Daar sal ‘n gazebo en pawiljoen wees.

- Bring sommer jou R300 kontant saam en word lid van die DF-Oudleerdersklub. Aansluitingsfooi sluit jou DF-Oudleerdersdas vir mans en serp vir dames in. Jy kry ook ’n unieke lidmaatskapnommer wat joune bly solank as wat jy lid bly van die klub!

- Na die eerstespan se hokkiewedstryde word alle oudleerders uitgenooi na 'n vinnige kuier in die skoolsaal waar o.a. die eerste klublede se dasse en serpe oorhandig word. Moenie die geleentheid misloop om jou das of serp te ontvang nie. Kom klink ’n glasie saam en vind meer uit oor die klub.

Saterdag:

-  Alle oudleerders word uitgenooi om by die oudleerderstent op die C-Veld ’n draai te kom maak. Kry dan daar jou koopbewys vir ’n boereworsrolletjie en koeldrank.

- Bring sommer jou R300 kontant saam en word lid van die DF-Oudleerdersklub en ontvang jou das of serp.

Oudleerders word aangemoedig om ’n wit knopieshemp en denimbroek of chino te dra en natuurlik jou Oudleerdersdas of -serp.

Kom ondersteun Hoërskool DF Malan en laat 2017 die beste Interskole ooit wees.

DF-Oudleersdersklubfooie beloop R300 aansluitingsfooi en ’n jaarlikse lidmaatskapfooi van R150. Dit is betaalbaar vanaf die tweede jaar van lidmaatskap. Die aansluitingsfooi dek grootliks die koste van die das/serp.

 

Gepubliseer: 2017/08/17 - 11:58