Herman Theart

Ons wil graag 'n bietjie met Herman Theart spog. Hier volg sy atletiekuitslae van die afgelope South African Sport Association For Physically Disabled National Championships wat op 31 Maart tot  2 April in Bloemfontein plaasgevind het. Hy het sy Wes-Kaap kleure vroeër in die jaar verwerf en het dus as deel van die Wes-Kaapspan deelgeneem.

Hy het vir seuns o.18 in die F37-klas in Spiesgooi, Gewigstoot en Diskus deelgeneem. Herman het 'n 1ste plek (Goud) behaal vir sy Gewigstoot en Diskus en 'n 2de plek (Silwer)  vir sy Spiesgooi . Ons so trots op hom en sy prestasies. 

Gepubliseer: 2018/05/02 - 11:17