Juanita Gerstner

Juanita Gerstner – onderwyser by DF Malan - het op 6 Mei 2017 deelgeneem aan die SAMA-Kampioenskappe (Suid-Afrikaanse Meesters Assossiasie), Meesters-kampioenskap, in Groenpunt stadion en het in haar kategorie Goud in Diskus gekry. (By die WP- Kampioenskappe het sy ook Goud vir Diskus gekry en ook die rekord gebreek.)

Sy het van 10-15 Julie 2017 by die SACD (South African Country Districts) IPT Hokkie Toernooi in die Paarl geskeidsreg en is aan die einde van die toernooi deur die spelers aangewys as een van die beste skeidsregters op die toernooi. Petra Jonker, afrigter by DF Malan, deel hierdie toekenning met haar.

Van 4-9 September 2017 gaan sy as skeidsregter optree by die o.21 IPT (Inter-provincial tournament) Hokkie Toernooi in Potchefstroom.

 

Gepubliseer: 2017/09/08 - 11:36