Matriekuitslae - 2012

Deur die puik uitslae wat hulle in die afgelope NSS-eksamen behaal het, het die matriek-klas van 2012 bevestig dat akademie steeds die Dee-Effers se kernbesigheid bly.


By die Leeuwenhof-toekenningsfunksie is DF Malan aangewys as een van die top-20 skole in die Wes-Kaap – voorwaar ‘n trotse prestasie!
Benewens 25 gemiddelde A’s, het 86% van die klas toelating tot ‘n Baccalareusgraad ver-kry. Ses leerders het sewe vakonderskeidings en ag leerders het ses onderskeidings elk verwerf.

2012 se toppresteerders was:


Jana Rossouw

Martin van der Walt

Bea van der Vyver

Janneke van Loggerenberg

Evan Calitz

Quinta-Mari van der Merwe

Zanelle Wentzel


Die klas het altesaam 267 vakonderskeidings behaal, terwyl 318 vakke met ‘n B-simbool verwerf is.


Van die uitstaande vakprestasies is die volgende:


Martin van der Walt: Wiskunde (100%), Fisiese Wetenskap (95%), Ekonomie (94%)

Bea van der Vyver: Rekeningkunde (99%), Besigheidstudies (94%)

Janneke van Loggerenberg: Visuele Kuns (96%)

Lize van der Merwe: Musiek (95%)

Petro van Zyl: Rekeningkunde (95%)

Misha van Schalkwyk: Ontwerp (94%)

Alston Louw: Ontwerp (94%)

Ewald Bonzet: Rekeningkunde (94%)

Jana Rossouw: Wiskunde (95%), Fisiese Wetenskap (94%)


Baie geluk aan die klas van 2012 – ons glo hulle sal op die pad vorentoe steeds die DF-naam hoog hou!

Gepubliseer: 2013/01/15 - 11:02