Morné Moolman

Morne Moolman, wat in 2012 matriek geskryf het, is ‘n oudleerder waarop ons by DF Malan voorwaar trots is. Hy is tans ‘n student aan die Florida State University in Amerika. Tydens sy eerste atletiekbyeenkoms op 30 Maart 2013, het hy die spiesgooi-rekord wat reeds vir 19 jaar staan, gebreek. Hy verbeter die afstand van 51.28m na 73.83m. Dit is nie Morné se persoonlike beste afstand nie, maar ‘n baie goeie afstand vir die begin van die seisoen.



Indien u meer wil lees, gaan na:

http://www.seminoles.com/sports/c-track/spec-rel/033013aaa.html.

Gepubliseer: 2013/04/09 - 08:21