MTBS 2018

Hierdie jaar het DF Malan besonder baie op hul MTBS-vertoning in vergelyking met 2017 verbeter. Hulle het met'n span van 138 die jaar die MTBS aangevat en meer as 50% van die span het gekwalifiseer om by die Noordsone Kampioenskappe deel te neem.

Die volgende atlete het puik prestasies bereik:
Claudia van der Westhuizen het 40.88m gegooi in die dogters o.17-afdeling en het die BESTE MEISIE prestasie toekenning ontvang en die Beste ALGEHELE PRESTASIE toekenning ontvang. Eugene Marx het die seuns O.15-Gewigstoot-rekord verbeter met meer as 'n meter. Die ou rekord was 15.58m, die nuwe rekord is 16.66m. Hierdie uitstekende prestasie het hom die beste seuns prestasie laat ontvang.

Monja Theart het ook die meisies o.15-100m rekord verbeter van 12.80 sekondes na 12.75 sekondes.

Die volgende ouderdoms groepe het hul ouderdoms bekers gewen:

Meisies o.14
Meisies o.19

Gepubliseer: 2018/02/15 - 11:46