Nasionale Aqualibrium kompetisie

Drie spanne van DF leerders het die afgelope Saterdag 27 Julie aan die Wes-Kaap se uitdunrondte van die Nasionale Aqualibrium kompetiesie deelgeneem. Die kompetisie word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Siviele Ingenieurswese.



Die DF-spanne het uitsonderlik presteer. Daar was strawwe kompetisie van spanne vanuit die hele Wes-Kaap, maar uiteindelik het Hoërskool DF Malan koning gekraai deur die eerste, tweede en derde plek in te palm!



Hannelie Marais, Carli Blignaut en Nina Truter was derde, terwyl Jakobus Wust, Cobus Louw en Reinhardt Husselmann se span die tweede plek behaal het. Die wenspan het bestaan uit Albert van Rensburg, Lehann Smith en Wim Strofeldt. Hulle het nie net die kompetisie gewen nie, maar ook die beste punt in die geskiedenis van die kompetisie behaal. Hierdie span dring deur na die Nasionale Finaal wat op 16 Augustus in Johannesburg aangebied word



Meer inligting by:

http://www.saice.org.za/latest-news/aqualibrium-the-saice-wrc-schools-wa...

Gepubliseer: 2013/08/05 - 08:19