Riaan Barnard

Riaan Barnard het ons Dinsdagoggend tydens die saalbyeenkoms besoek met 'n pragtige boodskap, 'n entoesiastiese houding en 'n passie vir wat hy doen.

Hy het  hartroerende stories oor sy lewe gedeel. Hy het vertel van hoe sy ouers deur 'n egskeiding gegaan het, hoe hy van sy vriende aan die dood moes afstaan, hoe sy suster verkrag is, hoe hy sy eerste jaar van studies nie deurgekom het nie en hoe hy deur 'n baie donker tyd gegaan het. Met hierdie stories het hy almal in die saal 'n bietjie meer dankbaar gemaak oor ons eie lewens en het hy ons laat besef hoe bevoorreg ons regtig is.

Hy het met behulp van sy stories aan ons vertel dat 'n mens altyd uit jou donker, diep gat kan klim en dat jy nooit, ooit moet opgee nie. Sy motiverende woorde was opreg en baie kinders kon aanklank by hom vind. Riaan se leertjie uit sy diep, donker gat, was vir hom oefening en 'n gesonde leefstyl. Hy beweer dat dit sy lewe omgedraai het in die suksesvolle mens wat hy vandag is.

Hy is nou 'n gekwalifiseerde "life-coach", was al op die radio en help nou mense regoor die provinsie om 'n beter lewenstyl te volg en om sodoende die selfvertroue te kry wat 'n mens verdien.

Hulle verkoop op die 26ste April water by DF Malan en Riaan het persoonlik aangebied om elkeen te help met 'n lewenstyl- plan as hulle hom net 'n e-pos "gooi".

Gepubliseer: 2018/04/26 - 09:23