DF Malan het weer eens uitsonderlik presteer in die jaarlikse Sistemiese toetse, wat deur die WKOD afgeneem word. Die toetse word by die graad 9`s in die taal van onderrig en leer en Wiskunde afgeneem.
By die prysuitdeling van Metro-Noord op 6 Maart het DF vyf sertifikate ontvang. DF Malan het die beste gemiddeld en slaagsyfer in Afrikaans gehad en het ook die hoogste gemiddeld in Wiskunde gehad. Dit was dan ook nie onverwags dat DF Malan die sertifikaat ontvang het vir die beste prestasie in die kombinasie van die twee vakke nie.
Baie geluk aan ons leerkragte en leerders vir hul besonderse prestasie.
Foto:
Agter (v.l.n.r.): me. Mari Koegelenberg, mnr. Johan Pepler, me. Karen Tomlinson, mnr. Piet Vosloo, mnr. Erich Pretorius
Middel (v.l.n.r.): me. Jo-Mi Muller, me. Toeks Rudman, me. Alta Loubser, me. Marlien Nel, me. Emari Buys, me. Mette Warnich, me. Susan Roelofse
Voor (v.l.n.r): me. Karen Delport, me. Sandy du Plessis, mnr. Gert Visser, me. Marlien Groenewald, me. Juli van Rooyen
Afwesig: me. Retha Strydom