Skaak

Drie van DF se kranige skaakspelers het WP-skaak by die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap in Januarie verteenwoordig.

Ané Pienaar (middel) was lid van die o.16-dogterspan wat ‘n tweede plek behaal het in hulle kategorie. Sy het derde gekom in die dogters o.16-afdeling van die SA Junior Wildcard-kampioenskap.

Julian Milner (regs) was lid van die o.16 C-span wat ’n eerste plek behaal het in hulle kategorie. Julian wen ook die bordprys.

Karl Voigt (links) was lid van die o.16 B-span wat ‘n eerste plek behaal het in hul kate-gorie. Karl eindig ook 32ste in die SA Junior-Wildcard kampioenskap, o.16- ope-afdeling en wen ook die bordprys.

Gepubliseer: 2018/03/01 - 12:20