So presteer DF in Wiskunde

Die Burger se jaarlikse ontleding van Wiskunde-prestasie gemeet teenoor die welvaartindeks het DF weer as een van die top-wiskundeskole geplaas. Om hierdie posisie te bepaal, word die volgende formule gebruik: die wiskundeprestasie en die gemeenskap se welvaartsindeks word in ag geneem.

Elke kind wat meer as 90% het, het 9 punte ontvang en die wat 80% het, het 8 punte ontvang, ensovoorts. Al die punte is opgetel en gedeel deur die getal matrikulante in die skool. Die hele matriekklas is dus in rekening gebring en nie net dié wat Wiskunde as vak neem nie. Ons wil dus spog met die feit dat ons volgens die gemiddelde prestasie in Wiskunde aangewys is as die derde skool. DF is egter die enigste gemengde skool wat die top 3 behaal het. As die welvaart ook in ag geneem word, is ons nog steeds die derde beste. Ons baie trots op hierdie prestasie en die gehalte van
die Wiskunde-onderrig in die skool. Dat Akademie ons besigheid is, word deur hierdie prestasies bevestig.

Verder het DF baie goed in Die Burger Wiskunde-kompetisie gevaar. Ons het 2 leerders onder die top 50 (Jamie van der Merwe en Daniël Hugo).

https://www.facebook.com/DieBurgerKoerant/

Gepubliseer: 2017/09/15 - 12:17