Sportnuus

Anja van Heerden het gedurende die vakansie aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.  Anja het ‘n brons medalje verwerf in die 100m vir dogters o.17.  Die afgelope naweek het sy aan ASA se Kampioenskappe deelgeneem.  Anja verwerf ‘n silwer medalje in die 200m vir dogters o.17.  Baie geluk, Anja!

 

Gepubliseer: 2016/04/06 - 08:29

Armand Ascaray het vanaf 29 Maart 2016 tot 1 April 2016 aan die o.19 SA Rolbal-kampioenskappe deelgeneem.  Hy het ‘n brons medalje verower en het so ook sy SA-kleure.  Baie geluk, Armand!

 

 

Gepubliseer: 2016/04/05 - 11:47

Armand Ascaray in Graad 8 het die afgelope naweek deelgeneem aan die S.A. Junior Toutrekkampioenskappe te Buffeljagsrivier, Swellendam.  Armand en sy span het ‘n goue medalje verwerf in die 360kg-afdeling en hulle word nou opgeneem in die S.A. Junior Toutrekspan.  Baie geluk, Armand.

 

http://youtu.be/jqwlC81m-cY

 

 

Gepubliseer: 2016/03/15 - 09:45

‘n Besondere eer het vyf 0.19A- rugbyspelers van Hoërskool DF Malan te beurt geval. Na afloop van die Danie Rossouw rugbytoernooi in Witrivier is die vyf spelers as deel van ‘n toerspan gekies om in Oktober in Ierland te gaan toer. Die span sal drie wedstryde speel en spesialisafrigting ontvang.

Op die foto verskyn v.l.n.r. WD Potgieter, Carlo Geyer, Jaco Blaauw, Daniel Luise en Bertro Schwartz.

 

Gepubliseer: 2015/09/04 - 12:07

Tydens die onlangse Presisieskiet Wêreldkampioenskappe wat te Brisbane, Australië gehou is (21 Julie – 1 Augustus 2015) het Stefan Viljoen die Proteaspan verteenwoordig en ‘n goue medalje verower in die junior liggeweer klas. Hy het ook in die .22 afdeling ‘n silwer medalje verower.

Die Presisieskiet Wêreldkampioenskappe word slegs elke 4 jaar aangebied.  Die volgende Wêreldkampioenskappe is in 2019 en vind in Suid-Afrika plaas.

 

Gepubliseer: 2015/08/18 - 08:33

DF Malan Hoërskool het die voorreg  om die Western Cape Champ of the Champs hokkietoernooi finaal vir o.18-skooldogters  aan te bied.  Hierdie toernooi word deur SPAR geborg. Die toernooi het op 7 Maart 2015 begin met 39 van die Wes-Kaap (Boland en Westelike Provinsie) se top hokkieskole wat deelneem.  Agt spanne neem nou deel om gekroon te word as die 2015 SPAR Champ of Champs.  Die finaal vind plaas op Maandag, 10 Augustus op DF Malan se astro.  Wedstryde begin om 08:00 en die hoofwedstryd neem om 17:00 ‘n aanvang.  Kom ondersteun asseblief Suid-Afrika se jong hokkie-talent.

 

Gepubliseer: 2015/08/04 - 09:16

Carla Werth en Anika van der Merwe is vroeër vanjaar verkies tot die SA o.17-netbalspan.  Hulle het onlangs in Portugal deelgeneem aan 'n internasionale toernooi.   Hulle het die  Royals Netbalspan van Brittanje in die eindstryd met 24-3 geklop en so die Browns Algarve Cup beker gewen.  Ons wens hulle geluk met hierdie puik prestasie.

Gepubliseer: 2014/10/23 - 10:51

Stefan Viljoen – Wêreldkampioen in Veldskiet

Stefan Viljoen het aan die Veldskiet Wêreldkampioenskappe deelgeneem wat vanaf 5 – 7 September in Nieu-Seeland plaasgevind het.

Na 3 dae se kompetisie is hy as die algehele wenner aangewys en as die wêreldkampioen vir 2014 gekroon.  Hy het ook in die junior klas ‘n eerste plek verower.  Stefan was die jongste deelnemer by dié kompetisie en is die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie wêreldtitel verower het.  Voorwaar ‘n uitmuntende prestasie.

In die spankompetisie het Suid-Afrika eerste geëindig.

DF Malan is baie trots op hom.

 

Gepubliseer: 2014/09/12 - 11:45

‘n Groot eer het een van DF Malan se leerders te beurt geval.  Janneke Malan in Graad 12 is gekies om Suid-Afrika by die Worlds Pan Pacific Championships wat vanaf 21 tot 25 Augustus 2014 in Australië plaasvind, te verteenwoordig.  Dit volg nadat Janneke by die afgelope Suid-Afrikaanse kampioenskappe 1ste was in 50m rugslag, 100m rugslag en 200m individual medley.  Baie geluk, Janneke.  Ons is trots op jou.

Gepubliseer: 2014/08/15 - 10:50

DF Malan het hierdie jaar ‘n oes van netbalspelers opgelewer.  Op die foto verskyn:

Agter:

(v.l.n.r) Anine van Dyk (Wes-Kaap); Charisa Geyer (WP); Tamzyn Groenewald (Wes-Kaap); Emma Pretorius (WP);  Anika van der Merwe (SA); Carla Werth (SA); Carla Opperman (WP)

Voor:

(v.l.n.r) Megan van Wyk (WP); Lie-Ann Veenstra (Wes-Kaap); Dillian Pienaar (Wes-Kaap); Saskia Stander (Wes-Kaap); Claudia van Rooyen (WP)

Afwesig: Megan Witte (Wes-Kaap); Alexandra May (WP); Caioly Gabriel (WP); Kaylen van Wyk (WP)

Gepubliseer: 2014/07/31 - 12:01

Pages