Hoërskool DF Malan Nuus

DF Malan is bekend daarvoor om dinge anders te doen en deur die "zero waste to landfill"-projek probeer ons om weer die onmoontlike te oortref deur die eerste skool in Suid-Afrika te word wat geen afval aan munisipale stortingterreine lewer nie.

Op Woensdag (19 September) het die Ekoklub-lede die eerste fase van die projek geloods tydens ‘n werkswinkel wat Candice Mostert van  Wast-ED in samewerking met GTP (Greater Tygerberg Partnership) aangebied het.

Wast-ED het ñ inligtingsessie in die DF-trein aangebied waartydens klublede meer geleer het oor herwinbare - en nie-herwinbare materiale en waarheen ons afval gaan. Die Ekoklub het ook die munisipale afvalterrein in Bellville-Suid besoek om eerstehands te sien waarom ons afval ‘n kwessie is.

Vir die laaste paar dae van die kwartaal sal Ekoklublede rekord hou van die afval wat Dee-Effers stort deur gebruik te maak van ‘n toepassing wat GTP ontwikkel het. Hierdie data wat versamel word, sal dan gebruik word om in fase 2 van die projek ‘n alternatiewe stelsel te ontwikkel om van ons afval ontslae te raak op ‘n meer volhoubare en omgewingsvriendelike manier.

 

#myGTP   #Trashyourtrash

Gepubliseer: 2018/09/20 - 10:22

Ons is vreeslik trots op Dynamics - DF Malan se eie Glee-groep. Hulle is uit duisende deelnemers aangewys as die algehele wenners van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se afdeling vir Musiek. Ons is besonders trots op die opofferings en al die harde werk wat hierdie groep begaafde leerders ingesit het om hierdie ongelooflike prestasie te behaal. Welgedaan, Dynamics!

 

Voor (v.l.n.r.): Franciska Griessel, Anneke Human, Danielle Brink, Cari Geyer, Sune Williams en Kayla Bloemhoff.

Agter (v.l.n.r.): Wouter Willemse, SP Grobbelaar, Jaydan Fritz, Eben Nel, Kian Britz en Heinrich Hanana.

Afwesig: Wilmar Niehaus, Margot Rothman en Marco Nagel.

Gepubliseer: 2018/09/19 - 09:37

SASCOC het op 6 September die finale span bekend gemaak wat aan die 2018 Youth Olympic Games in Buenos Aires, Argentinië gaan deelneem.  Hierdie spele vind plaas van 6 – 18 Oktober 2018.  70 Deelnemers is gekies waarvan 12 aan atletiek deelneem.  Ons eie Alroy Dixon is gekies om hierdie span te vergesel as atletiekafrigter/bestuurder.  Baie geluk, Alroy!

Lees meer by die onderstaande skakel:

http://www.sascoc.co.za/2018/09/06/sascoc-announces-final-team-sa-youth-olympic-games-squad/

 

Gepubliseer: 2018/09/10 - 11:30

'n Silwer medalje vir ons Eerste-netbalspan by die WP-ligafinale Saterdag! Geluk en 'n groot dankie aan Megan Gossmann wat hierdie 'n baie suksesvolle netbaljaar  vir die 1ste span gemaak het: Charisa, Emma, Huber, Kiara, Lucille, Nienke, Suné, Tamzyn, Alexa, Lara en Zandria.
Baie geluk aan Hoërskool Durbanville (Goud); Hoërskool Stellenberg (Brons) en Hoërskool Bellville (4de).

Gepubliseer: 2018/09/10 - 10:06

Ons stel met trots ons o.19-krieketgroep bekend wat tydens die skoolvakansie aan die KFC Punt Krieketfees deelneem. Die groep is:

Voor (v.l.n.r.): Kyle Beck, Christiaan Liebenberg, Ulrich van Zyl (o.k.), Matthew Pole (k), Jean-Louis Burger, Karl Schreiber en David le Roux.

Agter (v.l.n.r.): Heino Verster, Jo Viljoen, Werner Bredell, Guillaume Swanepoel, Helgard Rautenbach, Gustav van der Walt en Arné van den Heever.

Gepubliseer: 2018/09/10 - 09:40

Die Hoërskool DF Malan se toneelgroep het uitstekend gevaar tydens hul eerste deelname aan die ATKV se tienertoneelspelkompetisie!

DF ontvang die volgende toekennings:
Silwer vir die volgende kategorieë: Produksie, Klankbaan en Beligtingsontwerp en vir die Algemene hantering van tegniese aspekte, deur Kobus van Heerden; asook vir die teks deur Marisa van der Merwe en Lise Steyn.

Goud word verower vir Regie, behartig deur drama-onderwysers, Lise Steyn, bygestaan deur Lurina Etsebeth. Elke speler ontvang ook goud vir hul spel en ensemblewerk!

Baie dankie ook aan meneer De Wet vir die logistieke bestuur, asook vervoer en oprig van die stel.

Ons is baie trots op hierdie span!

Foto:
Agter van links: Carla Vivian, Helgard Rautenbach, me Lurina Etsebeth, me Lise Steyn, mnr Johann de Wet, Roald Furstenberg en Lisa Bassett.

Voor van links: Ila Alberts, Julia Roelofse, Magdel van der Schyff, Marga van der Linde en Frances Bruwer.

Afwesig: Anya Human, Ann-Chené Booys, Rène van Heerden en Tenique Oosthuizen.

Gepubliseer: 2018/09/03 - 09:11

Zak Retief (Franse horing) is ‘matriekleerling aan die Hoërskool DF Malan. Hy het onlangs die tweede prys in die blaasinstrumentkategorie tydens die jaarlikse Johann Vos Musiekkompetisie vir hoërskoolleerlinge gewen.

Hy het ook sowat twee weke gelede die Trinity College London se graad 8 praktiese eksamen geslaag. Hy is ook ‘n lid van die Kaapse Filharmoniese Orkes en is onlangs gekeur vir die SA Nasionale Jeugorkes.

Zak gaan volgende jaar medies studier aan die US en beplan om sy Franse horing studies ook voort te sit.

Gepubliseer: 2018/09/03 - 08:59

Van agter v.l.n.r.: Christo Kruger, Bronwyn Loxton, Rienhardt van Eeden, Eben Nel, Erik van Graan, Morné Gaven

Middel:  Heinrich Hanana, Jean-Louis Burger, Jaco Wagener, Matthew Pole, Andries van Veen, Pieter Cilliers, Renier Spangenberg.

Voor:  Lara Havenga, Shani du Preez, Rochelle Combrink, Nicola van der Merwe, Tamia Titus, Anneke Human, Magdel van der Schyff, Zandria Spangenberg

Inset onder:  Jani Knoetze, Petrus du Preez, Julia Roelofse

Gepubliseer: 2018/08/29 - 12:03

Na afloop van die Wes-Kaap Toutrekkampioenskappe, wat op 30 Junie 2018 plaasgevind het, het die volgende DF-leerders hulle Wes-Kaap kleure verwerf vir toutrek:

Thyla Neethling – Graad 10 en

Danté Castelyn – Graad 9

Hulle het aan verskeie gewigsafdelings deelgeneem waar Thyla Neethling 2 goue - en 2 bronsmedaljes verwerf het.  Danté Castelyn het 2 goue -, 1 silwer - en 1 bronsmedalje verwerf.  Albei leerders het ook op 16 Junie 2018 aan die Nasionale Klubkampioenskappe deelgeneem waar hulle saam silwer verwerf het.

Thyla en Danté  gaan Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe op 19 – 22 September 2018 in Kampsbaai verteenwoordig.  Baie geluk, julle twee!

Gepubliseer: 2018/08/29 - 09:50

Tydens die "Big Brag" het Vanes-Mari Proudfoot DF besoek. Hierdie dinamiese vrou is 'n internasionale atleet,  Supersport-aanbieder en het onlangs aan "Dancing with the Stars" deelgeneem. Dit was 'n eer en 'n voorreg om haar by ons te hê. Dankie vir die kuier en wyse woorde, Vanes-Mari!

Gepubliseer: 2018/08/22 - 10:12

Pages