Stefan Jordaan

Stefan Jordaan, ’n matrikulant aan die Hoërskool DF Malan, is na afloop van die 2016 Punt Krieketfees wat jaarliks in Mosselbaai gehou word, in ’n toerspan van 12 spelers ingesluit vir ’n kriekettoer na Ierland. Die oorsese toer word jaarliks deur die Krieketfees se organiseerders onderneem en word uit die beste vertoners van die Punt Krieketfees saamgestel. Die toerspan het vier eendagwedstryde teen verskeie klubspanne in Ierland gespeel.

Stefan het as draaibouler vir DF Malan se eerstespan op die Punt-toer uitgeblink en het 11 paaltjies in vier wedstryde versamel. Hy het die afgelope seisoen meer as 40 paaltjies vir DF Malan se eerstespan geneem en is as die beste senior bouler vir die 2016/2017-krieketseisoen bekroon.

Die toerspan het op 4 Julie vanaf Kaapstad via Dubai na Dublin vertrek. Hulle het wedstryde in Dublin, Cork en Limerick gespeel en het weer op 13 Julie in Kaapstad geland.  

 

 

Gepubliseer: 2017/07/25 - 10:00