Taalbond

Leerders van Hoërskool DF Malan het vanjaar weer puik gevaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Taalbond Tweetaligheidseksamen. Die eksamen het gedurende April geskied en is in DF se skoolsaal geskryf.

Ila Alberts (graad  9) behaal die eerste plek in die junior afdeling (graad 8-10) en Jani Knoetze (graad 10) die derde plek. Juané Cronjé (graad 12) behaal die derde plek in die senior afdeling (graad 11-12).

Met 177 inskrywings het die skool ook vanjaar die meeste inskrywings van alle skole landwyd gehad. Die mikpunt vir 2018 is 200 inskrywings!

Juané Cronjé

 

Gepubliseer: 2017/08/03 - 12:41