Tygerberg Eisteddfod

Visuele Kunste kraai koning by Tygerberg Eisteddfod

DF Malan se kunsdepartement het weer eens met die louere weggestap tydens die Tygerberg Eisteddfod se prysuitdeling wat Dinsdagaand, 25 Augustus plaasgevind het. Alvine Steenkamp (Graad 10) is as algehele wenner van haar kategorie aangewys. Sy het 96% vir haar tekening behaal. Altesaam veertien Dee-Effers het hul besonderse talente tydens vanjaar se kunseisteddfod ten toon gestel. Hulle het altesaam drie Lof- en vier Hoogste Lof-puntetoekennings behaal – inderdaad ’n prestasie om op trots te wees!

Gepubliseer: 2015/09/14 - 11:29