Ubuntu House

DF het tydens die afgelope revue babaprodukte en R15 000 ingesamel vir "Ubuntu House". Hier kuier me. Lise Steyn (regisseur), Heinrich Crous, VB van der Linde, Veronique Fölscher, Neal Malan, Rene van Heerden en Jean du Plessis saam met Naas en Miem Vermaak (huisouers). Die leerders kon na die tyd met die 12 babatjies wat daar woon, speel - van hierdie akteurs kan professionele "Peekaboo"-spelers word. Jy kan ook 'n vrywilliger wees: gaan na hul webtuiste www.ubuntuhouse.co.za vir meer inligting

 

Dankie ook aan The Boston Boardroom vir hul R1000 skenking.

Gepubliseer: 2017/06/06 - 10:53