Vega-Vige-kompetisie

Die volgende ses leerders het op Saterdag 13 Mei aan die jaarlikse "Vega Vige" kompetisie wat Vega School Kaapstad aanbied, deelgeneem. Spanne van ses leerders word uitgedaag om met ‘n bemarkingsveldtog vorendag te kom vir hulle kliënt. Die span van DF Malan het uit Graad 12 Ontwerp-leerders (Lecinda Louw, Sabrina van Rooyen en Jana-Mari Wiggins) en Graad 11 Besigheidstudies-leerders (Dylan Engelbrecht, Xandré Olivier en Keanu Barnard) bestaan. DF Malan se veldtog om die gebrek aan onderrig aan te spreek, is as wenners aangekondig.

Leerders skryf in spanne van 6 in en word dan uitgedaag om op te kom met ‘n bemarkings-veldtog vir ‘n kliënt (in die geval Woolworths). Die “brief” wat die spanne Saterdag gehad het, was om een van drie kwessies (education, childhood vulnerability of food security) te kies en aan ‘n veldtog te dink waardeur Woolworths ‘n positiewe bydrae kan maak om dit op te los en hoe dit bemark sal word. Spanne moes ‘n aanbieding voorberei het waartydens hulle die idee aan die paneel beoordelaars en kompetisie “verkoop” het.

 

Gepubliseer: 2017/05/19 - 12:09