Vreesloos 2017

DF Malan kan nog nooit 'n uitdaging weerstaan nie en #Vreesloos2017 het so 'n geleentheid perfek geskep. DF se seuns het met leeuemoed en -harte die kompetisie aangepak en gewen.

Na sy wen het die skool bewys sy hart sit op die regte plek, en R30 000 is aan die MTBS-fonds geskenk, ten bate van volgende jaar se MTBS-atletiekbyeenkoms.

Die gedagte is dat samesyn, samewerking en kameraderie vir DF meer beteken as 'n blote oorwinning. Ons sou eerder dan die vriendskapsbande met die ander skole wil versterk.

Gepubliseer: 2017/10/16 - 08:08