WP Meesters Kampioenskappe

DF se Juanita Gerstner het op 14 April aan die WP Meesters Kampioenskappe by die Tygerberg/Parow Atletiekbaan deelgeneem. Sy het in gewigstoot en diskus in haar ouderdomskategorie gekompeteer. Sy het in albei items die rekord verbeter: gewigstoot 11,41m (ou rekord was 10,68m) en diskus 36,72m (ou rekord 31,10m). Juanita het dus gekwalifiseer om by die SA's tussen 26-28 April in Bloemfontein deel te neem. Baie geluk, Juffrou Juanita. Ons is baie trots op jou!

Gepubliseer: 2018/04/19 - 10:37