DFM Bystandsfonds    

Die Bystandsfonds is deur die beheerliggaam van die Hoërskool D F Malan in die lewe geroep om, waar nodig, leerders te ondersteun met skoolbenodigdhede en lewensmiddele.

Die projek word befonds deur vrywillige bydraes van ouers en persone uit die wyer gemeenskap. Die fonds word deur die beheerliggaam geadministreer.

Deur die fonds word hulp verleen aan gesinne van leerders in die vorm van:

  • Aankoop van skoolklere
  • Kruideniersware
  • Finansiële hulp om te verhoed dat ‘n gesin op straat beland.

‘n Algemene versoek om bydraes word jaarliks aan alle ouers gestuur.



 

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 3 April, 2007 Webontwerp: Lise-Marie