
Beste Graadelfs eduhelp@df
Julle is nou in die middel van julle seniorfase en hierdie jaar is ‘n balan grike jaar ter voorbereiding van jou aansoeke by tersiêre instellings. Jou akademiese prestasies van vanjaar gaan jy gebruik om volgende jaar aansoek te doen om verder te kan studeer.
Volgende jaar gaan julle ‘n saamgestelde rapport kry. Dit bevat jou beste Gr.11-Junie/Desember punte. Werk vanjaar van die begin af voluit om te verseker dat jy deurlopend goeie punte kry en moenie uitstel vir die eindeksamen nie, want dan is die druk te groot en as jy dan ‘n deursta m p kry, is dit onherstelbaar.
Let veral op na studie- en beroepsinligting op die aansteekborde van die skool. Die borde wat veral van belang is, is by Eduhelp@df en die uitvoerende kunste. Daar sal ook via die interkom waardevolle in ligting gegee word.
As Arbeidsterapie jou toekomstige beroepskeuse is, is daar opedae wat jy by Tygerberg Hospitaal of Stikland Hospitaal kan bywoon. Die datums is 1 April, 10 Junie, 8 Julie, 30 September en 28 Oktober van 14:00 tot ongeveer 15:30. Kom skryf jou naam op by Eduhelp@df.
Vanjaar is die jaar waarin jy baie inligting oor die beroepe waarin jy belangstel en oor jouself moet inwin sodat jy ‘n realistiese loopbaankeuse kan maak. Moenie hierdie proses as vanselfsprekend aanvaar nie. Doen moeite en maak seker van jou feite. Verskillende mense het verskillende opinies. Jy moenie jou besluit op halwe waarhede en ander mense se verwagtinge baseer nie. Onthou universiteitstudies is nie noodwendig vir almal die regte keuse nie. Maak gebruik van die hulpbronne tot jou beskikking. Let op na die dienste wat by die onderstaande datums genoem word en maak daarvan gebruik.
Kom gesels gerus met ons oor jou toekomsplanne.
Me. Lyzette Schwella & Me. Hanlie Gouws
Die volgende datums is van belang:
Datum |
Dag |
Beskrywing van aktiwiteit |
13 |
April |
Dinsdag |
Sluitingsdatum vir vakveranderings . |
11 |
Maart |
Donderdag |
US Beroepsevaluering vir Gr.12's in die leerdersentrum van 09:00 tot 14:00. |
23
24
25 |
Maart |
Dinsdag
Woensdag
Donderdag |
Die Standard Bank-Maties Wiskunde- en Wetenskapweek vir alle Graad 10 – 12 leerders met Fisiese Wetenskappe, Wiskund e of Lewenswetenskappe as vak, word genooi om werkswinkels op Stellenbosch-kampus by te woon. Bywoning is gratis en bespreking is noodsaaklik by Lorna of Eloize, tel. 021 808 4709 of 021 808 2370, eloize@sun.ac.za of lbar@sun.ac.za |
17 |
April |
Saterdag |
University of Cape Town , Admissions Office: tel. 021 650 4556 |
3 |
Mei |
Maandag |
Loopbaanuitstalling in skoolsaal van 10:00 – 13:00, saal. |
30 |
Julie |
Vrydag |
US Opedag |
31 |
Augustus |
Dinsdag |
US Gr.11 Voorligting deur Beverley Fanella en Karin Brand tydens saal in die trein. |
9 |
September |
Donderdag |
US Beroepsevaluering vir Gr.11's in die trein van 09:00 tot 14:00. |
|