Edu-help: Sielkundige Dienslewering en Voorligting

Beste Graadtwaalfs eduhelp@df malan.com

Baie geluk, julle h et die finale skooljaar bereik! Mag dit ‘n jaar wees waarin jy jouself oortref.  Baie belangrike besluite moet geneem word.  Geniet die jaar voluit en behou balans deur verantwoordelik te wees.

Let veral op na studie- en beroepsinligting op die aansteekborde van die skool.  Die borde wat veral van belang is, is by Eduhelp@df en die uitvoerende kunste. 

Daar sal ook via die interkom waardevolle in ligting gegee word.

Doen so vroeg moontlik aansoek by die instansies waar jy verder wil gaan studeer.  Jy kan altyd later besluit of jy wil gaan of nie.

Jou saamgestelde rapport is jou beste Gr.11-Junie/Desember punte.  Bewaar die oorspronklike en maak gewaarmerkte afskrifte en stuur dit saam met jou aansoeke in.  Let wel: die oorspronklike saamgestelde rapport moet deur die skoolhoof onderteken wees alvorens jy dit kopieer.  Dié rapporte sal eers Maart vanjaar beskikbaar wees.

Alle kopieë van ‘n saamgestelde rapport, sertifikate, diplomas, ens. moet gewaarmerk word.  Dit beteken ‘n kopie van die oorspronklike moet deur ‘n Kommissaris van Ede gestempel en geteken word.  Die Suid-Afrikaanse Polisiediens dien onder andere as ‘n Kommissaris van Ede. 

Skriftelike aansoeke by tersiêre inrigtings soos universiteite, universiteite van tegnologie en kolleges kan via Eduhelp@df geskied.  Voltooi die aansoekvorm en bring dit dan na Eduhelp@df.   Ons sal dit deurgaan en sorg dat die skoolhoof dit onderteken.  Bring dit tydens ‘n registerperiode en kom haal dit die volgende dag tydens registerperiode.  Jy is verantwoordelik vir die wegstuur en betaling van die aansoek- en registrasiegeld.  Moenie kontant vir hierdie doel gebruik nie, tensy jy dit persoonlik gaan aflewer.

As Arbeidsterapie jou toekomstige beroepskeuse is, is daar opedae wat jy by Tygerberg Hospitaal of Stikland Hospitaal kan bywoon.  Die datums is 1 April, 10 Junie, 8 Julie, 30 September en 28 Oktober van 14:00 tot ongeveer 15:30.  Kom skryf jou naam op by Eduhelp@df.

Universiteit Stellenbosch se verpligte toegangstoetse (tgt 's ) wat jou toelating tot die universiteit help bepaal, kan op die volgende datums geskryf word: 12 Junie; 17 Julie, 21 Augustus, 2 Oktober en 27 November 2010.  Die tgt 's kan geskryf word nadat jy aansoek gedoen het by US.  Dit is beter om so vroeg moontlik die tgt 's te skryf.

Wanneer jy ‘n tersiêre instansie oorweeg, moet asseblief nie blindelings agter jou vriende aangaan nie.  Onthou dat universiteitstudies nie noodwendig vir almal die beste is nie.  Wees realisties en moenie alles glo wat mense vir jou met soveel oortuiging vertel nie.  Maak seker van die ware feite en moenie dink jy weet dit vanselfsprekend nie. Let op na die dienste wat by die onderstaande datums genoem word en maak daarvan gebruik.

2 February, 2010

Me. Lyzette Schwella  & Me. Hanlie Gouws

Die volgende datums is van belang:

Datum

Dag

Beskrywing van aktiwiteit

22

Januarie

Vrydag

Sluitingsdatum vir Gr.12 vakveranderings

23

Februarie

Dinsdag

US Gr.12 Voorligting deur Beverley Fanella en Karin Brand tydens saal in die trein.

11

Maart

Donderdag

US Beroepsevaluering vir Gr.12's in die leerdersentrum van 09:00 tot 14:00.

23 -25

Maart

Di. – Do.

Die Standard Bank-Maties Wiskunde- en Wetenskapweek vir alle Graad 10 – 12 leerders m et Fisiese Wetenskappe, Wiskund e of Lewenswetenskappe as vak, word genooi om werkswinkels op Stellenbosch-kampus by te woon. Bywoning is gratis en bespreking is noodsaaklik by Lorna of Eloize, tel. 021 808 4709 of 021 808 2370, eloize@sun.ac.za of lbar@sun.ac.za

17

April

Saterdag

University of Cape Town , Admissions Office: tel. 021 650 4556

3

Mei

Maanda g

Loopbaanuitstalling in skoolsaal van 10:00 – 13:00, saal.

6,7,8

Mei

Do.- Sa.

UWK en CPUT se opedae

5

Junie

Saterdag

Gesondheidwetenskappe-plasingstoets

13-17

Junie

Wetenskap winterweek

27

Tot

2

Junie

Julie

Sondag

Vrydag

Ingenieurswese winterweek

30

Junie

Woensdag

US sluiting vir keuringsprogramme en koshuisaansoeke

17

Julie

Saterdag

Gesondheidheidwetenskappe-plasingstoets en ander tgt's

30

Julie

Vrydag

US Opedag


Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 2 February, 2010 Webontwerp: Lise-Marie