Embleme    

SKOOLLIED

Hier ver aan die suiderland,
aan die sonryke Tafelbaaistrand,
pryk die DF Malan in sy grootsheid klaar,
die sieraad van elk Afrikaner voorwaar.
Hier word ontwikkel die gees en verstand.
Seuns en dogters staan hand aan hand,
almal vereen in ons doel en ons strewe
om vir jou, Suid-Afrika, te werk en te lewe.

In ons werk en in ons wandel,
hoe ons doen en hoe ons handel,
sal ons handhaaf en bou
aan ons leuse getrou:
om ons DF Malan in ere te hou,
om ons DF Malan in ere te hou.
ons DF Malan!

Woorde: Dr Danie Brink
Musiek: H Pieter van der Westhuizen

JAARSPREUK

Die Hoërskool DF Malan identifiseer jaarliks ‘n spreuk waarvolgens die skool probeer leef.Die jaarspreuk vir 2009 is:


SKOOLWAPEN

Die opkomende son op die boonste deel van die skild simboliseer hoop, positiwiteit, groei en ‘n nuwe lewe wat uitreik na lig en goedheid.

Die drie proteas verteenwoordig Suid-Afrika se erfenis en eie wat gekoester moet word.

Die skoolleuse, Vir jou, Suid-Afrika, bevestig vaderlandsliefde en burgerskap.

SKOOL-LOGO

Dit word feitlik uitsluitlik gebruik deur die skool se sportkantoor vir sportaktiwiteite.

 

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 11 February, 2010 Webontwerp: