Die DF
Avontuurklub bied
2 keer 'n jaar
'n geleentheid
aan leerders om
die Oranjerivier
aan te durf.
Tussendeur
is daar ook
staptogte en vele
ander natuuraktiwiteite.
Oranjerivier 2008 :
Op 8 April vertrek 30 Graad 8- en 9- leerders saam met mnr. Marius Mells, en juf. Pauw, Namibie toe.
Teen sononder bereik ons die eerste oornagslaapplek by die Abiqua-kampterein aan die Namibiese oewer van die Oranjerivier.
Vir 'n klomp stadsjapies was slaap onder die sterrehemel met muskiete en muggies wat jou opvreet, beslis 'n eerste. Laatnag het ons nog vir oulaas in die rivier gaan swem.
Vroeg Woensdag was ons op en al ons kos en klere moes in twee emmers en 'n koelboks gepak word. Nadata alles op die bote goed vasgemaak is, Het ons 'n behoorlike "saftey-talk" gekry. Toe vertrek ons vir 3 sorgvrye en opwindende dae op die rivier.
Slaap buite op die rivier-oewer en kuier laatnag om die vuur. Vergget so nou en dan "lifejackets" op die oewer en spat mekaar nat vir 'n vale.
Ons het 3 bekwame gidse gehad wat ons deur al die "raipds" gelei het. Net 3 van die sowat 20 bote het by die ergste "rapid" nl 'Sambok' omgeval. Een van die bote het toe wel ook 'n onnie in. Raai, raai ?
Saterdag het ons weer vroeg vertrek en na skaars 40 minute se roei was ons by die eindpunt. Nadat alles uiteindelik opgepak was kon ons die langpad terug na die beskawing aandurf.
Baie dankie aan mnr. Barnard vir al sy moeite.

|