WHAAM    

  “He is no fool who gives what he cannot keep, to gain that which he cannot lose”

Whaam is nie ‘n organisasie nie, dit is ‘n beweging. Daar is eintlik net een doel voor oë: Om onsself te verloor vir dit wat die Here deur ons wil bereik. (Joh. 3:30). Ons wil binne DF Malan en na buite gehoorsaam wees aan ons Vader tot uitbreiding van die Koninkryk van Jesus Christus. Hierdie is dus ‘n ope uitnodiging – Hy staan by die deur van elkeen se hart en klop. As jy dit saam met ons wil waag, maak oop!

Op ‘n praktiese vlak is ons byeenkomste Vrydagmiddae 14:00 tot 15:00. Hierdie byeenkomste behels enigiets van selle tot “Praise and Worship” tot diensbaarheidsuitreike tot enigiets wat die Here ons oplê. Daar is ongeveer 65 selleiers wat weekliks bymekaar kom en ‘n bestuur wat regtig die Here wil vertrou om Sy leiding te volg. Ons kamp ook jaarliks en daar is verskeie uitreike wat deur die jaar geskied. Dit is egter ons strewe om op Sy leiding aangewese te wees en bogenoemde kan vloeibaar wees.

Whaam werk ook saam met kerke in die omgewing. Indien enige verdere inligting verlang word, kan u gerus die skool skakel of vir Stiaan Dippenaar direk by 0825821059.

Jaartema 2007: “Face to face”

Kampdatum 2007: 1 to 4 Mei in Grabouw

 

Lees ook WHAAM se blog:

www.whaam-df.blogspot.com

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 20 February, 2008 Webontwerp: Lise-Marie