Kultuur

Kerskonsert 2017

Die konsert is deur vrolike sang en ‘n feestelikheid gekenmerk. Die koor en orkes het vir uitstaande musiek en sang gesorg. ‘n Gesellige atmosfeer is verder deur die heerlike versnaperinge geskep. Dit het gevoel asof Kersfees werklik net om die draai is en die aand was alles behalwe ‘n stille nag!

Die nag is met instrumente in harmonie, 'n treffende boodskap en Kersfees liedjies, wat deur jonk en oud gesing is, gevul. Daar was 'n kombers of twee nodig, maar dit was gesellig en die moeite werd. Boston Coffee het ook gehelp om die hande warm te hou. Die orkes wat in hulle Kersfees klere gepronk het en die orkes in spierwit, het die gehoor vermaak met die bekendste Kersfees liedjies en deuntjies. Dit was voorwaar ‘n onvergeetlike en suksesvolle aand!

  

Uitvoerende Kunste 2017

Die volgende leerders is vir die WP-span gekies en het die vakansie in Johannesburg gaan deelneem:

Lisa Bassett (drama), Mischa Bornman (drama), Kyle Cremen (drama), Salome Duminy (dans), Anne Haller (dans), Veronique Fölscher (drama), Elreza Jantjies (drama), Suné Jansen van Rensburg (drama), Eugenie Muller (dans), Jean-Luc Smit (drama), Ilene Steenkamp (dans), Kaylin Stevens (drama), Lisa van Niekerk (dans), Jasché van Zyl (dans) en Lara Visagie (sang).

Baie geluk aan Lisa Bassett wat twee silwer medaljes vir drama (classical) en drama (dramatical) verwerf het. Kyle Cremen het 1 brons en 1 silwer medalje vir drama verwerf.

Salome Duminy het ‘n goue medalje vir dans (lyrical) en silwer medalje vir dans (open) verwerf. Lara Visagie het ‘n brons, asook 3 silwer medaljes vir sang verwerf. Met hul puik prestasies is hierdie twee dames ook as lede van die SA-span verkies.

Baie geluk aan elkeen met hierdie puik prestasies!

Salome Duminy

Lara Visagie

Lisa Bassett

Kyle Cremen

Dans: Salome Duminy, Lisa van Niekerk, Jasché van Zyl en Anne Haller

Drama:  Agter: Veronique Fölscher, Mischa Bornman en Kaylin Stevens

Voor: Suné Jansen van Rensburg,Lisa Bassett, Elreza Jantjies.

Eugenie Muller

Jean-Luc Smit

Ilene Steenkamp