Kultuur: Blaasorkes

Die Blaasorkes se dirigent is mnr. Gert Visser.

Blaasorkesoefeninge vind elke Maandagaand vanaf 19:00 tot 21:00 in die skoolsaal plaas.

Alle leerders mag by die orkes aansluit. Leerders hoef nie iets van musiek te weet of ‘n instrument reeds bespeel nie. Leerders wat by die orkes wil aansluit, meld Maandagaande aan.

Die blaasorkes is geprivatiseer, alhoewel alle fondse deur die skool se boeke gaan en as sodanig deur die skool se ouditeure bestuur word.

Instrumente word by die skool gehuur teen R600 per jaar. Ledegeld beloop R400 per jaar. Hierdie geld word gebruik vir vergoeding van afrigters en die aankoop van nuwe musiek.

Belangrike datums vir die orkes is soos volg:

Kamp:10 – 13 April

24 Mei : Kombuis, keller en klank

25 Julie : Musiekkonsert

(Spesiale oefeninge: 16, 19, 23, Julie)

8 Augustus: Blaasorkes Eisteddfod

 

 

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 14 February, 2008 Webontwerp: Lise-Marie