Kultuur: Debat en Redenaars

Interne debatte

Leerders kry die geleentheid om Maandagaande van 17:00 tot 18:50 aan ‘n vriendelike en kompeterende bekgeveg deel te neem. Die debatte is onvoorbereid en vind informeel plaas.

Daar is tans twaalf spanne:

· Die spastiese tongvegters

· Die troebatoers

· Cara en die Boksembende

· Walker Texas Ranger

· Monera

· Jel II

· Losbekke

· 3 Debateerders

· Vollas

· Ghostbusters!

· Mondig

· Liplekker Raasbekke

Spanne kry die geleentheid om mekaar uit te daag en die stryd aan te sê. Die spanne se vordering deur die loop van die jaar word op ‘n telbord ten toon gestel. Op hierdie wyse word die hele skool betrek om deel te raak van hierdie opwindende woorde-wedloop!

Eksterne kompetisies

Leerders kry die geleentheid om aan eksterne kompetisies, soos die ATKV-debatskompetisie (Eerste ronde: 27 en 30 Maart), ATKV-redenaars- en Rotary-debatskompetisies deel te neem.

Hoërskool DF Malan se Jip-Dink-of-Sink-kompetisie

Sedert 2001 is hierdie DF-breinkind een van die groot hoogtepunte op die kultuurkalender. Twintig skole word genooi om hieraan deel te neem en die klimaks van die kompetisie is ‘n glansgeleentheid in die skoolsaal. Bekendes soos Nina Swart, Diaan Lawrenson, Nico Panagio, Valiant Swart en Cindy Nel was al deel van hierdie glansgeleentheid..

Datum: 15 Mei 2009

Kaartjies (R50) is in die info-sentrum beskikbaar.

Koste

Deelname aan die interne debat is gratis, maar leerders moet betaal om aan die eksterne kompetisies deel te neem.

Ander nodige inligting

Foto's is by kamer 12 beskikbaar

Debatorganiseerders:
Mev. Samantha Prinsloo (Engels)
Mej. Renate Wessels (Afrikaans)

 





 

 

 

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 9 December, 2009 Webontwerp: Lise-Marie