Oefentye en lokale : Woensdagaande, 18:30 - 20:30 en Dinsdae/ Vrydae 18:00 - 19:00 in die Gimnasium
Persoon in beheer : Leon Starker
Kontakpersoon : Me. Liza-Maré Strever, Kamer 14
Koornuus
Hierdie jaar het letterlik op 'n hoë noot begin . Die koor was die afgelope naweek by Mizpah Kampterrein in Grabouw vir 'n oefenkamp!
Die fokus van die kamp was om die leerders te leer om musiek te lees. Na ure se harde werk, en oefening was feitlik al die leerders op die verwagte vlak. Die kamp was 'n wonderlike ervaring vir al die leerders en nuwe vriendskappe en verhoudings is gesmee!
Ons glo dat na afloop van die kamp se sukses, die koor hierdie jaar nuwe hoogtes sal kan bereik. Baie dankie aan al die leerders en personeel wat bygedra het tot die kamp se sukses!

|