Kultuur: Strykensemble

o.l.v.: Laetitia Anderson

Die strykensemble oefen Maandae van 18:00 tot 18:45 in die musiekblok. Enige leerder wat 'n strykinstrument kan bespeel, mag aansluit, ongeag die vorderingsvlak. Skakel me. Anderson in dié verband.

Die ensemble het in sy 4-jarige bestaan al uitstaande prestasies opgelewer: jaarliks behaal die ensemble hoogste lof by die Eisteddfod en word dan telkens na die Prestigekonsert van die TIE genooi.

•  Die ensemble is uitgenooi om by Hoërskool Bellville op 8 Oktober op te tree ter viering van die blaasorkes se twintigste bestaansjaar.
 

•  Die ensemble sal ook by DF se musiekkonsert op 17 Oktober optree..

•  Ons neem deel aan die Eisteddfod in Augustus.

Daar is tans twee akoestiese kitare wat deel vorm van die ensemble.

Die strykensemble maak ook deel uit van die DF-Electric Orchestra wat ook 8 blasers, drie perkussiespelers, keyboard, elektriese baskitaar gaan insluit. Louwtjie Rothman sal die solis wees en daar is groot opgewondenheid oor die projek.

 

Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 13 March, 2009 Webontwerp: Lise-Marie