Leef Groen

Groenvingers wil graag alle ouers wat plante geskenk het tydens 2014 en reeds in 2015, hartlik bedank. Ons waardeer u belangstelling en betrokkenheid opreg. Ons strewe daarna om die terrein in ‘n aangename omgegewing vir die leerders, ouers en gaste te omskep.

Daar is verlede jaar 2 nuwe beddings aangelê: ‘n groot skadubedding en vetplantbedding.

Skenkings van clivias, agapantusse, plektrantums en vetplantgrondbedekkers sal baie waardeer word.

AANPLANT VAN BOME OP SKOOLTERREIN           

Heelwat nuwe projekte is oor die laaste paar jaar by die skool afgehandel.  Die behoefte het ontstaan om nog bome vir skadu in die somer vir die leerders, en ter verfraaiing van terrein, te plant.

Die bome dra tot ‘n groot mate by tot die kampusgevoel wat deur die skool uitgebou en versterk wil word. Om die projek betyds van die grond af te kry om die bome in die winter aan te plant, is die projek aan die begin van die 2de kwartaal deur mnr Gert Kotzé van stapel gestuur.

Die leerders en onderwysers het baie positief gereageer en tot op hede is daar net oor die R 11 000 ingesamel. Tydens die Junie-vakansie is die meeste van die ingesamelde fondse gebruik om 22 bome in strategiese plekke op die terrein aan te plant.

Die bome groei reeds sterk en vertoon pragtig met hul nuwe blare wat na die winter begin uitloop het. Oor ‘n paar jaar sal hierdie bome ‘n groot verskil in die lewe van leerders, onderwysers, ouers en besoekers aan ons skool maak.

Die boomspesies wat deur Petro Landscaping geplant was, is:

  • 11 X Celtis sinensus;
  • 6 X    Betula alba;
  • 4 X    Platanus acerifolius;
  • 1 X    Liquidambar sp.

Die klasse asook individuele leerders- en onderwysers wat bydraes tot die boomplantprojek gemaak het, was soos per aangehegde lys.

 

 

DokumentGrootte
Microsoft Office document icon boomgelde505.doc25 KB