Kapteine vir interskole aangewys

Dogtershokkie-Lize du Toit & Margo Beukes |

Gholf - Victor Muller |

Debat - Lize Steyn |

Seunshokkie - Christo Erasmus & Buddy Smit |

Landloop - Danzil Paulse |

Netbal - Anel Brand |

Rugby - JJ van Jaarsveld |

Landloop - Petra Jonker |

Skaak - Nina de Swardt |
Ons is trots op ons dogters wat weereens puik gevaar het met hulle insluiting in die W.P. netbalspan. Ons wens hulle alle voorspoed toe en volg hulle prestasies aandagtig.
 | Voor vlnr: Anika vd Walt, Zandri Bailey, Talana Walters (almal 0/16) & Sanette Meiring (Wes-Kaap 0/17 Afrigter)
Agter vlnr: Tiane de Jongh, Jolizna Carstens, Susan de Beer (almal 0/17) & Marise Nel (0/14) |
Oranjeriviertoer
In die Maartvakansie het 'n paar van DF se avontuurlustiges weer die Oranjerivier aangedurf onder leiding van die ervare mnr. Tommie Barnard. Soos gewoonlik was daar groot sports op die water en die Dee-Effers het dit baie geniet. Dankie aan me. Brand wat die groep vergesel het en vir mnr. Barnard se organisering en leiding oor die paar dae.
Ons maak weer so !
Gholftoer
Gedurende die Maart-vakansie het 7 leerders van DF saam met mnr. Marais op verskillende bane in die Wes-Kaap, naamlik Stellenbosch, Worcester, Paarl, Kleine Zaltze en Arabella gholf gespeel.
Elke dag is om trofees vir 1ste, 2de en 3de plekke meegeding. Die algehele wenner van ‘n
wisseltrofee oor die vyf dae was Jeandré Terblanche.
Hoërskool DF Malan se gholf is in 2010 bevoorreg om geborg te word deur GROUP FIVE
en HELDERBERG MEDICAL. Hierdie finansiële ondersteuning maak dit moontlik dat alle gholfspelers professionele afrigting kan ontvang en die bogenoemde toer gesubsidieer kon word.
Hiermee gee ons erkenning aan die twee instansies.

Valentynsbal
DF Malan se jaarlikse valentynsbal is weer gehou. Die bal was 'n spogggeleentheid vir die uitgevatte jong dames en here. Dankie aan almal wat so hard gewerk het om die aand moontlik te maak.
Deur die jare het die Hoërskool DF Malan bewys dat as jy wil presteer in hokkie, is DF die plek om te wees! Selfs die oud-DFM-hokkiespelers doen baie goed. Elzette Louw (WP o.21A) en Sanel Jordaan (WP o.21B) behaal WP-kleure en speel albei tans vir Maties. Hierdie twee dames was vanaf gr.8 tot gr. 12 lid van DF Malan se premierspan.
Danielle Kapp en haar suster Talitha Kapp is albei verkies tot PUK (Noordwes Universiteit) se eerstespan, asook Noordwes o.21-span. Talitha was in 2008 kaptein van DF se premierspan en sus Danielle het die kapteinskap by haar oorgeneem in 2009! Die skool hou hierdie twee oudleerders se vordering met groot belangstelling dop.
Nog 'n uitblinker in hokkiegeledere is Farah Fredericks. Sy speel tans vir SA-Dames, Maties eerstespan en WP-Dames. Farah was van 2002 tot 2004 lid van DF Premierspan.
'n Groot hokkie-afrigtingskliniek vind ook eersdaags by die skool plaas. Skakel Rona Roelofse by die skool (021 948 8781) vir meer inligting of hokkie-afrigting by die skool.
Elzette Louw, Danielle Kapp, Sanel Jordaan
 | |
| Farah Fredericks | Talitha Kapp |
Sewe Dee-Effers het op Saterdag, 13 Februarie 2010 vir die WP-skole swemspan by die Bellville-swembad deelgeneem. Hierdie span het ook onlangs 'n interskolegala by Fairburn College teen Milnerton Hoërskool en Parklands Hoërskool met vlieënde vaandels gewen. Daarna klop hulle Milnerton, Fairburn, The Settlers, Groote Schuur, Fairmont en Edgemead hoërskole oortuigend. DF moes egter die knie buig voor die Deutsche Schule Kaapstad, wat as gevolg van 'n Dee-Effer se glyslag uit die blokke, met twee punte die voortou geneem het.
Die onder 19-seunspan is egter onoorwonne en het nie een van hulle aflosse van die dag verloor nie, alhoewel 'n hele paar jonger manne hier gehelp swem het!
 |
vlnr voor :
Charné Fabricius Marese Nel.
middel : Ané Bekker ,
agter :
Ewald Bonzet en Rudolf Visser. |
 |
 |
| Monique de Waal |
Eduard Aggenbach |
Drie Dee-Effers het in die afgelope NSS-eksamen 'n plek onder die 20 toppresteerders in die provinsie behaal.
Jurie-Hendrik Gouws (links), Lize Zeeman en Wiehan Agenbag (regs) beklee onderskeidelik die 17e, 16e en 4e plek
op die WKOD se merietelys. DF is besonder trots op hierdie drie slimkoppe!
|