15 Januarie 2010

Beste Dee-Ef-ouer ondersteuner

Baie dankie vir julle registrasie verlede jaar en julle is nou deel van ‘n groep uitsoekouers!  Die ondersteunersklub is baie  opgewonde om hierdie jaar ‘n verskil te maak en hiermee ons afskop planne!!

KUIER in die TREIN tydens MTBS-OEFENINGE! 1–4 Feb 2010

Die nou-al beroemde MTBS is ook op hande en ons gaan in die trein kuier terwyl die kinders oefen.  Maak dus seker dat julle mekaar ken teen die tyd dat ons die volgende geleentheid vier:

VOEDSEL en WYNFEES!  27 Feb 2010

Kaartjies teen R70 nou- al beskikbaar by René Marais: 021 9488781

Die ondersteunersklub is baie trots om deel te wees van die 2010-groep wat gaan help om vir DF ‘n nuwe baadjie aan te trek!  Hoe gouer ons leerders nie meer in die saal op die vloer te hoef te sit nie en hulle eie veeldoelige sentrum het, hoe beter!  So span julle talente in en kom meld aan – al is dit net om te kom cheer tydens ons

GHOLFDAG! 23 April 2010

Ons verkoop DFM T-hemde R50 ;  Gholfhemde R100   ;Reënbaadjie met voering R350 en pette R30 . Dis vir ons as ondersteuners baie opwindend om met Dee-Ef-drag te loop en spog – en julle help ons om op dié manier die skool nóg meer te bemark.

Meer informasie en die borgskap/vierbal inskrywingvorm.

Vir meer besonderhede, skakel Ronel van der Berg by 021 9488781

Mag 2010 die begin wees van die opwindendste tydperk in jou en jou Dee-Effer(s) se lewe!

Vriendelike groete

Die Ondersteunersklub




 

 
 
Alle regte voorbehou © DF Malan Webontwerp: Lise-Marie