Sport: Lewensredding

Stilwaterlewensredding is nog ‘n sportsoort wat deur Dee-Effers beoefen word. Afrigting vind in die eerste en vierde kwartale daagliks om 15h30 by die Bellville swembad in Voortrekkerweg plaas.
Die afrigter is mev. Hanlie Osche (0828262198)

Ané Bekker presteer tans uitstekend. Gedurende die kampioenskappe in 2009 het sy 5 goue, twee silwer en eneen brons medalje verower. Sy is as die Victrix Lodorum van die byeenkoms aangewys.

Ané is ook tot kaptein van die WP Juniorspan verkies.

In 2010 is sy gekies vir die Wes-Kaap skolespan. Sy neem ook deel aan die SA Nasionale Streekkompetisie en wen 6 goue en 4 silwer medaljes. Op nasionale vlak wen sy die 200m Borsslag, vryslag en individuele wisselslag.

 

DF is besonder trots op Ane sé prestasies.

 






Lewensredding Afrigter
Mev. Hanlie Osche
Sien ook: Swem »



Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 20 May, 2010 Webontwerp: Lise-Marie