Sport: Swem

DF Malan het ‘n swemspan wat in die eerste en vierde kwartale aan skoolgalas deelneem. Hierdie galas vind meestal op Donderdae plaas en het verskillende formate. Daar word gewoonlik op Maandae gevra wie beskikbaar is om die betrokke week te swem.

Daar word ook vanjaar swemafrigting aangebied by die Bellville swembad in Voortrekkerweg op Maandae en Woensdae. Swemmers moet net self die ingangsfooi by die hek betaal. Die afrigter is me Zainee Gilomee ( 072 805 3358.)

Die skool se swemkoördineerder is mev. R de Villiers en haar kontaknr. is 0834604438.

Galas

Galas waaraan deelgeneem gaan word is op die volgende datums :

24 Januarie Bellville

31 Januarie Kampsbaai

7 Februarie Herzlia

20 Februarie Nuweland ( B-liga gala)

21 Februarie Fairmont

W.P. Proewe

Proewe vir die WP en Wes Kaapspanne vind op 1 Februarie en 16 Februarie by Nuweland plaas. Meer inligting hieroor sal by die skool aan belangstellendes gegee word.

S.A. Kampioenskappe

Die SA Kampioenskappe vind op 1 en 2 Maart in Oos-London plaas en die Prestige SSA level 3 gala vanaf 4 tot 8 Maart ook in Oos-London.

NUUS

Swemorganiseerder
Mev. Reinette de Villiers
Sien ook: Lewensredding »



Alle regte voorbehou © DF Malan Opdateer: 20 January, 2008 Webontwerp: Lise-Marie