Sport: Tennis  

Tennis is ‘n somersport en vind in die eerste en vierde kwartale plaas. Ons het 8 tennisbane en speel in die WP Skoleliga. DF Malan het al verskeie SA- en WP- spelers opgelewer en maak gereeld skoonskip in die ligas. Daar is verskeie tennistoernooie in Suid-Afrika waarheen DF Malan uitgenooi word, bv. Die Amanda Coetzer (in Bloemfontein), St Mary’s (in Durban) en die Sun City Tennistoernooi.

Daar is 6 dogters- en 4 seunspanne (met 4 spelers elk) wat aan die ligas deelneem. Wedstryde vind weeksmiddae plaas en vervoer na die wedstryde word verskaf. Geen afrigting vind by die skool plaas nie. Wedstryde word in die skool se navy-blou kortbroek en wit gholfhemp gespeel

 

Davis Cup

Die DFM Davis Cup-tennistoernooi vind 1 en 2 Desember plaas.

D.F. se bestes asook 'n paar onderwysers sal in aksie wees.
Kom kyk gerus hoe die spanne mekaar aandurf.
Program
Spanne

Uitslae :

Wenspan : Slazengers 

                 Spanlede: Jan-Ben Matthysen

                                 Pieter du Plessis

                                 Stefan van der Vyfer

                                 Christo Erasmus

                                 Luzanne Brand

                                 Anel Brand

Span net die meeste gees : Puma

                   Spanlede: Thinus Poerstamper

                                  Daniël van Rooyen

                                  Francois Malan

                                  Bea van der Vyver

                                  Heike Werth

                                  Jacques Maritz

Seuns wenner : Christo Erasmus

Dogters wenner: Juffrou Reinette de Villiers

Belowendste speler : Seun: Wim Diedericks

                               Dogter: Anja Conradie

Pryse geskenk deur die Handri Westman-tennisskool (Belowendste spelers) en Peter Butner (Wenners).

 


Die Slazengers 


Die Spanbestuurders

 

 

 

 
Alle regte voorbehou © DF Malan Webontwerp: Lise-Marie