Aansoek om toelating    

Inskrywings van nuwe leerders vind op 19 en 20 Julie tussen 14:45 en 18:30 plaas.

Indien die ouer persoonlik met die skoolhoof of adjunkhoof oor 'n inskrywing wil gesels, kan 'n afspraak deur middel van die seketaresse gemaak word.

Tydens die besoek aan die skool moet die voornemende leerling asseblief die ouer vergesel.

Die volgende moet saamgebring word:

  • 'n Afskrif van die leerder se ID-dokument of geboortesertifikaat
  • Voltooide inskrywingsvorm (by die skool beskikbaar)
  • Die leerder se jongste rapport
  • Afskrifte van beide ouers se ID-dokumente
  • Bewys van adres

U kan die inskrywinsvorm hier aflaai en uitdruk vir u gerief.

 

Navrae »

 

Alle regte voorbehou © DF Malan Webontwerp: Lise-Marie
1 June, 20101 June, 2010