Kultuur
Kultuur is en sal altyd 'n belangrike prioriteit van ons skool wees. Leerders neem jaarliks aktief deel aan 'n wye verskeidenheid kompetisies op kulturele vlak. Hou ons sosiale media kanale dop vir uitsonderlike prestasies en nuus.
BLAASORKES
Kom deel jou liefde vir musiek met ander! Die DF Blaasorkes bied jou die geleentheid om ‘n blaasinstrument te bemeester en aan konserte, kompetisies en toere deel te neem. Beginners is welkom!
Kontak me. Dorfling
adorfling@dfmalan.com
DEBAT
Is jy dapper genoeg om jou stem te kom dik maak? Afrikaanse debat bemagtig leerders met kritiese denke en openbare redevoering. Leerders neem in spanverband deel aan voorbereide en onvoorbereide debatskompetisies.
Kontak me. Tomlinson
ktomlinson@dfmalan.com
DRUMLINE
Ontdek jou ritme en maak onvergeetlike herinneringe. Of jy ‘n ervare musikant is of nuut is in perkussie, DF Drumline is ‘n plek waar jy die krag van musiek en die opwinding van saamspeel sal ervaar.
Kontak mnr. Paige
jpaige@dfmalan.com
EISTEDDFODS
Die Eisteddfod bied leerders die geleentheid om hulle werk voor te dra. Leerders word ingeskryf vir die Tygerberg Eisteddfod waar hulle in verskeie afdelings kan deelneem.
Kontak me. Nel
marenel@dfmalan.com
ENGLISH DEBATING
English Debating is a dynamic and intellectually stimulating activity honing critical thinking and teamwork. Weekly meetings are marked by discussions on various topics, from current events to timeless philosophical dilemmas.
Kontak me. Ingpen
cingpen@dfmalan.com
FOTOGRAFIEKLUB
Die fotografieklub is ‘n beginner-vriendelike aktiwiteit waar leerders nuwe kamerategnieke kan aanleer. Besoek ons by Instagram of Facebook.
Kontak me. Dorfling
adorfling@dfmalan.com
KOOR
DF-Koor is die perfekte plek om jou stem te verbeter en ontwikkel. Die koor is ‘n hegte familie en kry wonderlike geleenthede deur verskeie konserte, kompetisies en toere dwarsdeur die jaar te onderneem.
Kontak mnr. Paige
jpaige@dfmalan.com
KAMERKOOR
Koorlede wat al meer as ‘n jaar koor sing, kry die geleentheid om ‘n oudisie te doen om deel te word van DF-Dynamics. Ons eksperimenteer met verskillende genres, vanaf pop, jazz tot klassieke musiek.
Kontak mnr. Paige
jpaige@dfmalan.com
MUSIEKTEORIE
Unisa-teorieklasse (graad 2 tot 5) word teen ‘n ekstra koste na-ure deur die musiekpersoneel by die skool aangebied.
Kontak me. De Villiers
devilliersm@dfmalan.com
REDENAARS
Redenaars help jou om jou sterk menings in sinvolle argumente te ontwikkel sodat ander ingelig, vermaak, oorreed of gemotiveer kan word. Dit is ideaal vir leerders wat ‘n saak krities bedink en met selfvertroue ‘n gehoor kan boei.
Kontak me. Goosen
ngoosen@dfmalan.com
SKOOLKOERANT
Die Herout verskyn vier maal per jaar. Leerders wat belangstel in joernalistiek en fotografie word aangemoedig om aktief deel te neem om elke uitgawe uniek te maak. www.herout.co.za
Kontak me. Fuchs
afuchs@dfmalan.com
TONEEL
Die Toneelklub gee leerders die geleentheid om deel te wees van ‘n toneelproduksie, ongeag of die leerder Drama as vak neem of nie. Ons tree vir die skoolgemeenskap op en skryf ook in vir Toneelfeeste sowel as die ATKV Tienertoneelkompetisie.
Kontak me. Eygelaar
leygelaar@dfmalan.com
Kultuurkomitee
Op!t-kultuurkomitee is ‘n tuiste vir leerders wat passievol is oor kultuur en aktief betrokke wil wees om DF se kultuur te help uitbou. Die klem lê veral op die bevordering van ‘n liefde vir die kunste deur bv. gereeld skrywers en digters na die skool te nooi.
Deur middel van hierdie entoesiastiese en hardwerkende groep leerders kan ons ‘n geesdrif vir die kunste, ‘n liefde vir ons taal en algemene deursettingsvermoë by die leerders te kweek.
Kontak Juf Fuchs
afuchs@dfmalan.com